Friday, August 17, 2007

ek is...

Ek wil graag een van my gunsteling gedigte met almal deel:

ek is...
ek is die liggaam wat elke
dag met myself opgeskeep sit
en Hooglied lees.
ek is die pen
wat jou skryf, elke aand in my
boek laat rym.
ek is die stem
wat jou sing,
met lof in my keel laat woon.
ek is die oe
wat jou gestalte gee,
al is jy lank reeds weg.
ek is...'n normale mens wat
obsessief is oor die liefde.
jak de priester
Volgens my is Jak De Priester een van die mees talent volste kunstenaars in S.A. Hy het 'n manier om met woorde te toor.

No comments: